"Kryt" deur RONNIE BELCHER [boodskap #38084] |
Di, 02 Januarie 2001 16:08 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Kryt
Ronnie Belcher
By Blouberg stamp 'n tierende suidoos
sy vuis teen wit skuimtoppe van die see
en moker hou vir hou die strand vuisvoos
onder die meeue se bloedlustige geskree.
Die rompe van matroos en houerskip
kom aangerol met ankertou en vrag
en word verpletter teen die riwwe klip
was soos 'n Leviatan lê en wag.
Dan skielik sak die stormwind sy vuis
en raak die asemhaling van die see
weer kalm met 'n reuk van vars harpuis
waar geel stootskrapers skroot en vuil opvee.
En in die bergkom lê die wind doodstil
asof hy sê dis soos die Here wil.
|
|
|